Listing your business at Kemptalk.com costs only R480 per year!

Index:      A      B      C      D      E      F      G      H      I      J      K      L      M      N      O      P      Q      R      S      T      U      V      W      Y


Directory

 

 WHO'S WHO IN

 

  • Attie van den Bergh

    Bedags verkoop Attie van den Bergh onderdele vir groot masjiene, maar saans dig hy notaboeke vol oor die alledaagse mooi dinge van die lewe. Hy het binne ’n jaar onder die naam “BERG” meer as 1 000 gedigte op die kreatiewe webruimte woes.co.za gepubliseer.

    In sy studeerkamer lig hy ’n almanak met foto’s van grondverskuiwingsmasjiene op. Agterop het hy sowat tien gedigte geskryf. “Ek het na die liggies in hierdie gebou gekyk,” sê hy en beduie na ’n prent op die almanak. “Toe dink ek elkeen van hulle is ’n mens.” Só het gedigte oor dié “mense” se lief en leed ontstaan.

    Van den Bergh sê visuele beelde en musiek inspireer hom. In die loop van die dag maak hy notas – of “embrio’s”, soos hy dit noem – om dit later tot verse te verwerk. “My rekord was 28 gedigte op ’n aand. Die intik het die langste gevat. Om dit te skryf was maklik.”

    Volgens hom probeer hy glad nie om hogere kuns te pleeg nie. “Ek skryf vir die mense.” Daarom geniet hy die interaktiewe aard van ’n platform soos Woes, waar lesers kommentaar op skrywers se werk lewer. “As ek duisend gedigte skryf en een persoon vind baat daarby, dan is dit goed.”

    Sy werk handel oor enigiets van ’n kollega in ’n mooi sonrok, die liefde en geloof tot ’n rolprent. “Ek skryf oor dit wat mense ervaar,” sê Van den Bergh. “Dit is nie geforseerd nie.” Sy digkuns is vir hom terapie, ’n manier om te vergeet en te ontvlug van ’n besige werk-tempo. “’n Mens skep jou eie wêreld,” sê hy. “Dit is bevredigend om ’n gedig wat jy geskryf het weer te kan lees en geniet. Amper soos om lekker kos te eet!”

    Hoewel sy werk nog nie in ’n gedrukte bundel verskyn het nie, is dit beslis iets wat hy in die toekoms sal oorweeg, sê Van den Bergh.

    Attie is Besturende Direkteur van, onder andere, die maatskappy Landboupart