|
Boeremusiekgilde
Kempton Park
www.boeremusiekgilde.co.za

Die GILDE is ‘n
NIE-WINSGEWENDE, NIE-POLITIEKE KULTUUR-ORGANISASIE wat ten doel het
die behoud, bevordering en uitbouing van Tradisionele – en Eietydse
Boeremusiek, waarby ingesluit is ligte Afrikaanse Musiek in die
ritmiese idioom.
Ten einde dié doel te verwesenlik
word die volgende oogmerke daargestel:
Die werf van lede vir die GILDE;
Die verspreiding van Boeremusiekplate, - kassette – skywe en videos;
Die daarstelling van werkwinkels om beginnermusikante te onderrig;
Om konserte, feeste, byeenkomste en gesellighede waar Boeremusiek
die aantrekkingskrag is, aan te bied en aan te moedig;
Om Boeremusiek in al sy vorms daadwerklik te bevorder;
Om die jeug te betrek ten einde belangstelling in Boeremusiek by
hulle te wek, te kweek en te bevorder;
Om Boeremusiek-uitsendings oor die Radio en TV te bewerkstellig;
Om fondse in te samel by wyse van borgskappe of ander wettige
metodes ten einde uitvoering aan die oogmerke van die GILDE te gee;
Om as adviesliggaam te dien vir die media, platebedryf en
ondersteuners van Boeremusiek en sal deur die Hoofbestuur behartig
word.
Die Boeremusiekgilde is
gestig op 9 Oktober 1989 en vier tans hulle 21-jarige bestaansjaar.
Daar is 19 takke landswyd
wat onder 2 streke sorteer met die Oranjerivier as die skeidslyn.
In die Noordstreek is daar 14 takke en in die Suidstreek 5 takke,
met altesaam meer as 2000 lede.
Die Bestuur is tans soos volg:
Willie Mynhardt -
Nasional Voorsitter, Tel: 011 391 4614, Sel: 083 704 8655
Frans Joubert – Onder Voorsitter
Sandra Mynhardt – Sekretaris
Peet Slabbert – Tesourier
Wessel Potgieter – Noordstreek Voorsitter,
Tel: 011 976-1644, Sel: 082 456 2853
Louis Hurter –
Suidstreek Voorsitter
|