Listing your business at Kemptalk.com costs only R480 per year!

Index:      A      B      C      D      E      F      G      H      I      J      K      L      M      N      O      P      Q      R      S      T      U      V      W      Y


Directory


JJ's Tents & Function Rentals

 


Coenie de Villiers & Steve Hofmeyr - "Daar's 'n plek"

 

National Trailer Rental
Full range:
Luggage, ½ ton, ¾ ton, Bike, Flat beds, 2 ton freight, Car carriers.

 

OUR LANGUAGES

Setswana (Tswana)

 

Brekfis by tant Nellie
Dana Snyman - Mei 30 2008

Ek sit in tant Nellie se kroeg op Ventersdorp, toe hou hier so ’n aamborstige, nerf-af Opel Kadett op die sypaadjie stil. ’n Korterige mannetjie klim in die wintersonnetjie uit. Hy het ’n pak klere aan – ’n ou, grys strepiespak uit die 1980’s wat hopeloos te styf aan hom sit. Cream hemp. Bont das.

Op sy voorkop is ’n rooi letsel en om sy een hand is ’n verband gedraai. In die ander hand hou hy so ’n lêer-besigheid.

Hy loer by die deur in. “Is antie-hulle oop?” vra hy.

“Hoe lyk dit vir jou?” antwoord tant Nellie op haar stoeltjie by die till agter die toonbank. Uit haar asbakkie lek ’n Courtley Satin Leaf Mild ’n strepie rook die lug in.

Die mannetjie kom staan voor haar en daardie pak se baadjie wurg aan sy voorarms en hy kyk na die ry bottels wat kop onderstebo van die rak af hang, asof dit vriende van hom is wat hy jare laas gesien het.

Ek is die enigste ander een in die kroeg. Ek drink ’n Coke en eet een van tant Nellie se toasted egg, ham en cheese broodjies. Tant Nellie maak die beste toasted broodjies in die land.

“Maak dit maar ’n cane, antie,” sê die mannetjie. “ ’n Double cane. Met water.”

“Ek’s nie jou antie nie,” sê tant Nellie. “Oukei?”

“Sorry, antie,” sê hy en sit die lêer en die Opel se sleutels op die toonbank neer. Hy sukkel ’n pakkie Winston uit die baadjie se binnesak en laat val dit langs die sleutels.

“Ys?” vra tant Nellie en kyk na hom.

“Nee dankie, antie. Seblief nie. Seblief nie.” Hy kyk na my. Die letsel op sy voorkop is taamlik vars. Dit lyk of bloed enige oomblik daaruit kan syfer. “Ys maak my tande seer,” sê hy, dan hys hy hom tot op ’n kroegstoeltjie. Onder sy arms grynslag die pak se nate.

Hy het lanklaas das gedra. ’n Mens kan dit sommer sien aan die losserige manier waarop sy das geknoop is.

Tant Nellie sit die glas cane en water voor hom neer. Hy vat een, twee diep slukke, laat sak die glas, en kyk weer na my. “Dis mos waar dat ’n mens nie cane aan jou asem kan ruik nie, nè?”

“Ek weet nie,” sê ek. “Dis waar, ja,” sê tant Nellie. “Jy ruik hom nie.”

Hy lig die glas en sluk die res van die cane en water af, sit die glas neer en blaai die lêer oop. Dit lyk of dit sy CV daar binne is, en nog dokumente en briewe.

Ek en tant Nellie hou hom stil dop terwyl hy lees-lees daardeur blaai.

Hy skud later sy kop, mompel iets en stoot die leë glas oor die toonbank, verby die Opel se sleutels en die pakkie Winston, in tant Nellie se rigting. “Maybe moet antie maar vir my nog enetjie gooi,” sê hy.

Die Beefeater-horlosie teen die muur bokant die rak sê dis net ná halftien.

“Wil jy nie iets eet nie?” vra tant Nellie. “Dis nog vroeg, man.”

Hy kyk na tant Nellie, dan kyk hy na my, dan kyk hy na die leë glas in tant Nellie se hand. “Nee thanks, dankie, antie. Gooi liewer maar vir my nog enetjie.”

Hy kyk weer na my. Dit lyk of die letsel op sy voorkop ál rooier word. “Ek sweet mos verskriklik as ek eet,” sê hy.

Tant Nellie sit die glas weer vol voor hom neer.

Hy neem ’n paar diep slukke.

“Kan ek julle iets vra?” Hy kom van die stoeltjie af orent. “As ek vir julle sê ek het oor ’n kruiwa geval, sal julle my glo?” Hy beduie met die verbinde hand na die letsel op sy voorkop. “Lyk ek soos iemand wat oor ’n kruiwa geval het? Hè?”

’n Menssal seker so kan sê,” sê tant Nellie.

Ek sê eerder niks nie. In tant Nellie se kroeg sê ek so min moontlik.

Die mannetjie kom staan weer by die toonbank. Hy mompel weer iets – iets wat ons nie kan hoor nie, en vat weer na die glas. Tant Nellie karring aan die radio op die rak. Freek Robinson praat oor RSG met iemand oor die krisis in Suid-Afrikaanse netbal. Ons het onlangs glo selfs teen Malawi verloor. Tant Nellie skakel dit weer af.

“Ek moet nou waai,” sê die mannetjie en drink die laaste bietjie cane en water. Hy sit die glas neer, druk die pakkie Winston in sy sak en tel die lêer van die toonbank af op. “Ek gaan nou vir ’n job interview .”

“Waar?” vra tant Nellie.

“By die stadsraad, antie. Hulle’t ’n pos vir ’n speedcop oop.” Hy wys met die verbinde hand na die lêer onder sy arm. “Hier’s my pampiere. Hier’s als.”

Die Beefeater-horlosie teen muur sê dis op die kop elf minute voor tien.

Die mannetjie stap na die deur toe, en by die deur gaan staan hy. Hy kyk na ons en wieg effens op sy voete.

“Ek weet genuine nie eens hoekom gaan ek vir die interview nie,” sê hy, “want hulle gaan anyway weer die job vir ’n swarte gee.”

 

 


National Insurance Coordinators

 


Wessels Motors
Repair & service of all vehicles

 


Onthou jy nog?