Johan se goetertjies

Index:      A      B      C      D      E      F      G      H      I      J      K      L      M      N      O      P      Q      R      S      T      U      V      W      Y

Kempton Park
Directory

 
Wie sal die mens se hart ooit kan verstaan,
Die hoop wat so vinnig kan kom en gaan?

'n Leeftyd lê agter my,
Wie weet hoeveel het oorgebly?

Nou is daar nog net die goetertjies van my hart
wat ek vrylik met jou deel as jy wil.

Kontak my as jy wil
As jy van jou goetertjies met my wil deel.

 

Net soos my hart, is daar goeters hier wat diep is en goeters wat simpel is. Vat wat jy wil en los wat jy wil.



"The Shack"
by William P Young
The book that changed my life.

Soos Jesus
Ek hoor soms mense sê hulle wil meer soos Jesus wees. Wil Jesus hê ons moet soos Hy wees? Of moet ons hom volg, net soos ons is? Moet Hy nie die herder wees en ons die skape nie? Hy bied aan dat, as ons die deur van ons hart vir hom oopmaak, sal Hy binne-in ons kom woon. Dan sal Hy self ons lei en ons leer. Nie om soos Hy te wees nie, maar om ons eie, unieke self te wees, net soos Hy ons geskape het. Om volkome mens te wees, net soos Jesus ook volkome mens was.

Vir jou
Hierdie is vir iemand. Jy sal self weet of dit jy is.
"Ek weet jy het seergekry, en ek weet jy is kwaad en verward. So, huil maar. Dis goed vir die siel om so nou en dan skoongewas te word - dis helende waters."


2012-02-21
Don't ever discount the wonder of your tears. They can be healing waters and a stream of joy. Sometimes they are the best words the heart can speak.

Vader

Daar is ‘n rede waarom Ek gekies het om my aan die mensdom te openbaar as Vader. Ek het geweet dat sodra die Skepping gebreek was, ware vaderskap baie verder te kort sou skiet as moederskap. Moet My nie verkeerd verstaan nie, albei is broodnodig, maar die nadruk op vaderskap is baie meer noodsaaklik as gevolg van die enormiteit van die afwesigheid daarvan. Jy het ‘n vader nodig in jou lewe en Ek wil vir jou Vader wees.


Ek het U nodig

Ek wil net weer vandag vir U sê: Ek kan nie sonder U lewe nie, en ek wil nie sonder U lewe nie. My eie karakter en slimmigheid en insig is nie goed genoeg om van my lewe ‘n sukses te maak nie. Ek het U nodig net om op te staan in die oggend. Ek het U nodig om die regte besluite te neem. Ek het U nodig om reg op te tree teenoor die mense in my lewe. Ek is afhanklik van U betrokkenheid in my lewe. U is nie eerste op my lys van prioriteite nie, U is die spil waarom my hele lewe draai.


Die wond in jou hart

“Ek wil die wond wat in jou binneste groei gesondmaak, want dit staan tussen ons. Daar is egter nie ‘n maklike manier om ‘n mens se pyn weg te vat nie. Glo my, as daar so iets was, sou Ek dit gebruik. Ek het nie ‘n towerstokkie wat ek oor jou kan swaai om dinge beter te maak nie. Die lewe vereis ‘n bietjie tyd en baie verhouding. Sê net vir My dat jy my nodig het en dat jy wil hê dat my wil in jou lewe moet geskied. Dan rus jy in My en ervaar My veranderende krag in jou lewe.”


Om God se stem te hoor
Hoe hoor ‘n mens God se stem? Ek het geleer dat God wag dat ons hom in ons situasie in nooi. Wanneer ek sy leiding nodig het, dan vra ek, “Vader, wat nou? Wat sê U, links of regs?” Nou het ek God betrokke gemaak by my besluitneming. Omdat Hy betrokke is, gaan Hy my help om die regte besluit te neem. Nou bedink ek die verskillende moontlikhede. Die een wat my onrustig maak, is die verkeerde een. Die een wat my vrede gee, is die regte een. God se plan is altyd ‘n plan van vrede.

The words of you mouth
Great things happen when you continually confess the mercy of God. Faith rises up on the inside of you. The reality that God loves you begins to sing through your spirit. What's more, it brings honor to your Father when you believe His Word and magnify His love and mercy. You honor Him when you speak of His goodness and loving-kindness, when you talk about Him as your Father of love Who does only good. It blesses Him when you praise Him as the great God of the universe who is eager to bless.


Kerk

Aan watter kerk behoort jy?
“Aan Christus se kerk van bloedgewaste mense.”
Ja, maar waar aanbid jy?
“Op elke plek waar ek my bevind.”
Maar wat van die onderlinge byeenkomste?
“Ek het gereeld gemeenskap met my boeties en sussies in koffiewinkels, by my huis, by 'n gemeente en selfs op Facebook.”
Maar onder wie se gesag staan jy?
“Onder God s’n.”

Church
The word "church" is commonly used to translate the Greek word ekklesia except in a couple of cases where ekklesia refers to a non-Christian assembly. The ek~ means "out" or "from" and the ~klesia comes from kaleo to call. So ekklesia simply means the "called out" people - called out of darkness into God's light. That light is the Lord Jesus Christ. There is nothing in this word to suggest a denomination.

Many denominations exist, all built and founded by someone other than Jesus. The church is not one of these. The church existed before any of these denominations. It did not arise out of them, and they did not arise out of it. They are separate "buildings" which the Lord did not build. The church is the bride Jesus purchased with his blood.

God se plan
Dankie Vader dat U weet wat U vir ons beplan. U beplan vir ons voorspoed en nie teenspoed nie. U wil vir ons ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! As ons U aanroep, tot U kom bid, dan verhoor U ons gebede. As ons vra na u wil, dan sal ons u wil ken, as ons met ons hele hart daarna vra. Ons sal U ontmoet en U sal ons terugbring uit die balingskap uit.

God se wil
God het gesê “Laat daar lig wees.” En daar was lig. Nou wil God hê ons moet hom na-aap. Ons moet na ons omstandighede kyk en sê “Laat U wil geskied”. Sy wil vir ons is beter en mooier as ons wil vir onsself. Ons strek ons hande uit na ons finansies, ons kinders, ons werk, ons stad, ons regering en ons sê “Laat die wil van God geskied”. Dit is die woord van God wat skerper as ‘n tweesnydende swaard is wat by ons monde uitkom en dit sal nie ledig tot Hom terugkeer nie.

As ek swak is
Ek het Jesus in my lewe ingenooi. Toe kom woon Hy, sy Vader en sy Heilige Gees in my. Toe maak die Vader my sy kind en Hy sê dat ek nou een van sy erfgename is. Toe word ek gebore in ’n nuwe familie in. Toe word Jesus my boetie en Hy sê: “Moenie worry nie, ons weet jy is swak, maar My krag kan net werk as jy swak is. Ek wil nie hê jy moet langer in jou eie krag probeer om reg te lewe nie. Nou moet jy my ’n kans gee om deur jou te lewe. Ek wil so naby aan jou wees dat my gedagtes joune sal word.”

"Goeie Christen"
Jy hoef nie meer te probeer om ’n goeie Christen te wees nie. Hy het nie gesê “As jy my gebooie nakom, sal Ek in jou kom woon” nie. Hy’t gesê “As jy oopmaak”. En jy het oopgemaak. Jy was moeg om op jou eie pogings staat te maak. Jy was moeg om te roep na ’n God wat vêr en hoog in die hemel is en jou powere pogings met ’n frons aanskou. Nou het jy ’n Pappa wat sy liefling Seun opgeoffer het sodat jy uiteindelik deel van die familie van God kon word. Nou het jy uiteindelik tot rus gekom.

Is God in beheer?
Ek hoor jy sê, “God is in beheer.” Wat bedoel jy as jy dit sê? Is dit Hy wat in beheer is as die vliegtuie in die Twin Towers vasvlieg? Is Hy in beheer wanneer ‘n vierjarige meisietjie verkrag word? Die mens het saam met Adam onder God se beheer uitgestap en van toe af, tot nou, doen die mens sy eie ding. Maar die mens kan, deur Jesus, die beheer van sy lewe terugplaas in die hande van God. In dié mens se lewe geskied die wil van God tot so ‘n mate dat hy weer Eden op aarde kan ondervind.


Die Hospitaal waar dit Nag is
Sommer so uit die bloute, in ’n ommesientjie, verander my hele lewe...

Potholes / Slaggate
Ek en my vriend, Piet, sit langs die pad in sy kar en wag dat die insleepdiens moet opdaag...

Vyftig Rand is Vyftig Rand
Piet en Anna gaan elke jaar na Garies se landbouskou toe. Elke jaar vra Piet: "Anna, ek wil bietjie in daai helikopter vlieg." ...

Dana Snyman se goeters
Anderkant taal
Toe klap die Engelse vrou wraggies vir oom Drikus. Kwa! Oor die wang lat die rooi haal daar sit. En eintlik wou oom Drikus net vir haar sê sy moet haar kant skoon hou...
Brekfis by tant Nellie
Ek sit in tant Nellie se kroeg op Ventersdorp, toe hou hier so ’n aamborstige, nerf-af Opel Kadett op die sypaadjie stil...
Brood en Sous
Langs ’n huis op die rand van die dorp staan ’n GMC-bakkie geparkeer – so ’n bleek bloue. Nes die een wat oorle’ Oupa gehad het.
Die Liniaaltoets
Ek is dankbaar om te kan sê ek is nooit as kind gemolesteer of mishandel nie. Die Skoolsuster het my wel een keer ondersoek...
En die ou Datsuntjie
Ek wonder steeds hoekom het my ma en die ander tantes pepermente of sen-sen’s gesuig voor die biduur begin...
Hondeskool
Ek het niemand van daardie konstabel vertel nie. Tot vandag toe nie. Dit was die jaar toe die polisie se hondeskool se vertoonspan by die landbouskou op ons dorp kom optree het.
Kuiertjie in Kraaifontein
Sondagmiddag, op pad terug van die binneland af Kaap toe, hou ek gou by Japie in Kraaifontein stil...
'Little Miss Personality'
Ek het hom anderaand in die kroeg raakgeloop, vir Lieb. Dit was al laterig en hy was spraaksamer as gewoonlik...

 

 

 SA Topsites ::     Web Stats - Free Realtime Web Statistics Tracker & Counter