WHAT DID YOU GET?
“Bless me Father, for I have sinned. I have been with a loose girl”.
The priest asks, "Is that you, little Joey Pagano?"
"Yes, Father, it is."
"And who was the girl you were with?"
"I can't tell you, Father, I don't want to ruin her reputation"
Well, Joey, I'm sure to find out her name sooner or later
so you may as well tell me now. Was it Tina Minetti?"
"I cannot say."
"Was it Teresa Mazzarelli?"
"I'll never tell."
"Was it Nina Capelli?"
"I'm sorry, but I cannot name her."
"Was it Cathy Piriano?"
"My lips are sealed."
"Was it Rosa Di Angelo, then?"
"Please, Father, I cannot tell you."
The priest sighs in frustration. "You're very tight lipped, Joey Pagano,
and I admire that. But you've sinned and have to atone. You cannot be an
altar boy now for 4 months. Now you go and behave yourself."
Joey walks back to his pew, and his friend Franco slides over and
whispers, "What'd you get?"
"4 months vacation and five good leads."
KLEINSUS
'n Universiteitstudent gaan huis toe vir die vakansie en waarsku haar
ouers dat sy haar nuwe kêrel saambring. Die ou is 'n dwergie en die
meisie vra haar ouers om asseblief tog haar sesjarige sussie in te lig.
Die ma neem vir kleinsus eenkant en sê: "Poplap, jou ouer suster kom die
naweek huis toe en sy bring haar nuwe kêrel saam. Hy lyk anders as ons,
maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?" Kleinsus
verstaan mooi en belowe om haar te gedra. Ousus en haar kêrel daag op en
toe Kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel. Die
gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas
en bly tjoepstil. Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil
borde kombuis toe en gaan berei die nagereg voor. Dis net Kleinsus en
die dwerg aan tafel. 'n Ongemaklike stilte heers 'n rukkie, maar toe kan
die meisietjie haar nuuskierigheid nie meer uithou nie: "Ken jy vir
Sneeuwitjie?”
TELEFONIESE REKENAARHULP
Tegnikus: "Watter soort rekenaar het jy?"
Vroulike klant: " 'n Wit een."
Tegnikus: "Klik op 'My Computer' links op jou skerm."
Klant: "Jou links of my links?"
Klant: "Hallo, my naam is Maureen. Ek kan nie druk nie. My rekenaar sê
elke keer 'Can't find printer.' Ek het selfs die drukker opgetel en voor
die monitor neergesit, maar dit help ook nie."
Tegnikus: "Wat is nou op jou monitor, dame?"
Klant: " 'n Teddiebeer wat my vriend by Woolies vir my gekoop het."
ZOELOE BABA
Mike en sy vrou besef hulle moet bykom in die nuwe Suid-Afrika en
besluit om 'n swart babatjie aan te neem. Nie lank nie, toe laat weet
die maatskaplike werker dat daar 'n pasgebore babatjie beskikbaar is, en
hulle hom maar kan kom haal. Hulle maak so, en op pad huis toe hou hulle
met baba en al stil by die tegniese kollege, en skryf in vir 'n
Zoeloekursus. "Want," sê Mike, "dis net 'n jaar dan begin die mannetjie
praat..." VERKEERDE DEUR
'n 80-jarige man gaan vir sy medies, die dokter is heel tevrede en vra
hom toe sommer uit oor sy verhouding met God.
"Hy sorg goed vir my," sê
die bejaarde. "Hy weet my oë is sleg, so as ek in die nag opstaan om
badkamer toe te gaan, sit Hy die lig aan. En as ek klaar het, sit hy dit
weer af."
'n Rukkie later bel die dokter Ester, die man se vrou.
"Alles lyk wel, Ester, en ek dink hy het 'n spesiale verhouding met sy
Skepper." Hy vertel haar toe van die lig wat aan en af gaan.
"Ag, hemel," sê
Ester, "dit beteken hy piepie al weer in die yskas!"
DINK TWEE KEER!
Twee mans sit stil en bier drink terwyl hulle vis vang.
"Jy weet," sê die een, "my vrou praat nou al twee maande lank nie met my
nie. Ek begin daaraan dink om van haar te skei."
Sy maat het nog 'n paar slukke van sy bier geneem en so effens versit
terwyl
hy die gedagte in sy kop rondrol.
"Man," sê hy, "ek weet darem nie. Miskien moet jy weer hieroor dink - so
'n
vrou skop 'n mens nie agter elke bos uit nie."
WISKUNDE
Wiskunde vraestelle deur die jare:
Wiskunde in die 1960's: 'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir
R100. Sy produksie-koste is 4/5 van die prys. Wat is sy profyt?
Wiskunde in die 1970's: 'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir
R100. Sy uitgawes is 4/5 van die bedrag, of R80. Wat is sy profyt?
Wiskunde in die 1980's: 'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir
R100. Sy uitgawes is R80. Het hy 'n profyt gemaak?
Wiskunde in die 1990's: 'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir
R100. Sy uitgawes is R80 en sy profyt is R20. Opdrag: Onderstreep die
syfer 20.
Wiskunde in die 2000's: 'n Boer kap 'n pragtige woud af sodat hy 'n
profyt van R20 kan maak.Voordat hy dit egter kan verkoop, word hy
geskiet en sy bakkie gekaap. Die kaper verkoop die hout vir R50 en die
boer se bakkie vir R800 en maak dus 'n wins van slegs R850.
Opdrag: Verduidelik hoekom dit apartheid se skuld is.
BAIE LANG PAARTIE
'n Man en sy vrou sit en eet in 'n top-klas restaurant. Die man staar
voortdurend twee tafels verder na die dronk vrou wat die een knerts na
die ander afsluk.
Vrou: "Wat staar jy so na haar? Ken jy haar?"
Man: (Sug) "Ja. Sy was my nooi voordat ek jou ontmoet het, en ek
verstaan sy was nog nooit sober sedert ons paadjies sewe jaar gelede
geskei het nie."
Vrou: "Goeie hemel! Wie het nou kon dink dat iemand iets só lank kan
vier?" JAMMER!
Welgestelde man aan boer: "Ek soek 'n perd vir my vrou."
Boer: "Jammer, meneer, ons doen nie inruilings nie."

Spotprent van Pres. Bush deur David Anderson |
DIE SKILPAD
Ek en
Poppie kom nou-die-aand van die kerk af. Ons was amper by die huis toe
iets in die straat my aandag trek. Ek was aanvanklik onseker oor wat dit
was. My eerste indruk was dat daar ‘n skilpad in die middel van die
straat gestaan het. Ek kon duidelik die blink dop met die twee klein
ogies sien.
Toe ek rem aanslaan, trek Poppie haar asem skerp in en roep:
“Daar’s ‘n skilpad!” Al het ek aanvanklik getwyfel oor wat my oë sien,
het ek nou verseker geweet – dit is ‘n skilpad. Reg in die middel van
die straat! Die laaste keer wat ek ‘n skilpad in die pad gesien het, was
tussen Colesberg en Steynsburg toe petrol nog drie rand ‘n liter was. En
hier, so wragtag, in ons eie straat staan weer een. En wat ‘n pragtige
voorbeeld van die spesies was dit nie! Met die besondere blink dop,
veral so in die kar se ligte. En die klein blink ogies, so na aan
mekaar.
“Ag siestog,” sê Poppie, “gaan tel hom op.”
Ek was maar bietjie skrikkerig. Dit kon dalk ‘n lokval wees. Ek het
al gehoor dat haaijekkers baie kreatief is om jou uit jou kar uit te
kry. Maar ‘n man is ‘n man en met die kar se ligte vol op die
onskadelike diertjie klim ek uit en nader ek hom versigtig.
Ek was seker so ‘n tree of twee van hom af toe lig hy sy koppie so
en ek hoor duidelik hoe sê hy vir my “Naand oom.” Jy kon my met ‘n pienk
veertjie omslaan. ‘n Skilpad wat praat!
Ek weet dit mag vreemd klink, maar voor ek my kon keer toe sê ek:
“Goeienaand.” Dit was alles so onwerklik. En iets aan sy stemmetjie het
so bekend geklink. “Wat is jou naam?” vra ek.
“Oom dis ek, Willie. Oom se buurman se seun. Ek het met
my motorfiets in hierdie slaggat geval. As dit nie vir my helmet was
nie, het ek sweerlik my nek gebreek.” MAKLIK GEDOEN
Die man vra vir die kelner in die restaurant of hulle wilde eend het.
Kelner: "Nee, meneer, maar ons kan 'n makke vir meneer die moer in
maak!"
'N MENS SUKKEL NIE MET
OUMENSE NIE
Om te sien hoe 'n ou tannie 'n jappie in sy Mercedes reggesien het, klik
hier
TERTE
Op die kerkbasaar van 'n klein dorpie vra 'n koerantfotograaf die
predikant : "Dominee, waar is die terte?"
Heeltemal uit die veld geslaan, hakkel die dominee en sê:
"Nee, broer, hier is 'n paar jong onderwyseressies, maar hulle is
ongelukkig almal op vakansie."
PETOORSIE SE WISKUNDE
Klein Petoorsie kom van die skool af en sê hy het 'n F vir wiskunde.
"Hoe de hel kry jy dit reg?" vra sy pa boos.
"Wel, die juffrou het gevra wat is 2x3, en toe sê ek dis 6."
"Maar dis korrek!" sê sy pa.
"Ja, maar toe vra sy my wat is 3x2."
"So," sê sy pa, "wat is die donnerse verskil?"
"Ja, pa, dis wat ek ook gesê het!"
SPOED
Die verkeerskonstabel sit agter 'n boom op die hoofweg en wag vir
iemand om die spoedbeperking te oortree.
Hy sien hier kom 'n kar aangekruie met 'n spoed van 22 km/ph. Hy
dink dis nou nie oor die spoedgrens, maar kan net so gevaarlik wees.
Hy stop die kar en sien vyf senior dames in die kar met sulke groot
oë en bleek gesigte. Die drywer maak haar venster oop en sê
"Konstabel ek het nie oor die spoedgrens gery nie."
Die konstabel antwoord "Ek weet tannie maar u ry heeltemal te stadig
en is nie eers op die minimum spoedgrens nie."
"Maar konstabel, ek het die presiese spoedgrens gery van 22 km/ph."
sê die tante.
Die konstabel kyk so en sê "Tannie die bordjie wat u gesien het was
die hoofweg se naam die R22."
Die tante word toe rooi in die gesig van verleentheid en sê: "Jammer
konstabel ek sal in die toekoms seker maak ek kyk na die regte
padtekens"
Hy kyk so na die ander en vra "Is die ander tantes darem nog reg?
Hulle oë is so groot soos pierings en hulle is almal so wit soos
spoke."
Die Tante antwoord: "Ag toemaar hulle sal regkom so oor 'n minuut of
wat. Ons kom nou net van R365 af."
|