Listing your business at Kemptalk.com costs only R400 per year!

 Visit the freshest dating site in South Africa with new high-tech IM and Video facilities  Click here

Directory

Q & L Services
Repairs & Renovations to houses and townhouses. Owner supervision.

Race Designs Superbikes
Custom built bikes: We match your bike to your exact specifications and needs. Repairs: We will restore your damaged bike to its original glory!

Retecon (Pty) Ltd
Our machine tool range is vast, such as Milling, Turning, Gear Cutting / Grinding, Boring, Grinding, Tube & Wire, EDM, and Presses etc.

Rotary Club of Kempton Park Jan Smuts
Meet every Thursday evening at the Kempton Park Country Club 18:30 for 19:00

Royal Cape Barrels & Benches
We manufacture custom made products from original imported wine and brandy oak barrels.

 

Die hospitaal waar dit nag is

         Sommer so uit die bloute, in ’n ommesientjie, verander my hele lewe.

         Dit begin met ‘n ding wat baie mans van my ouderdom pla. My stroom verander skielik in ‘n druppel in die emmer. My huisdokter verwys my na ‘n bekende Afrikaanse spesialis wat in ‘n luukse privaathospitaal praktiseer.

         Daar gekom, tref dit my hoe vol die wagkamer is. Ek moet honderd rand neersit voor die dokter my sal sien, al het ek ‘n mediese fonds. Ek weet nou nog nie waarvoor nie. Dis soos ‘n byenes. Alles is aan die beweeg. Die manne kom vinniger uit as wat hulle ingaan.

         My naam word geroep en ek draf flink by die dokter in. Hy vra my vyf vrae en sê ek moet my broek aftrek en op die bed gaan lê. Hy smeer my maag met jellie en doen gou ‘n sonar. Hy smyt ‘n bondel papier op my maag en sê ek moet skoonmaak en aantrek.

         Die nuus is dat ek ‘n gespesialiseerde ondersoek onder narkose moet ondergaan. Die hospitaal waar hy die ondersoek wil doen, word egter nie deur my mediese fonds onderskryf nie. “Dan het ons nou mekaar se tyd gemors”, sê die spesialis. Dié vyf minute se tydmors kos my toe ‘n verdere R475. Teen vyftig manne soos ek per dag, kan die dokter seker bekostig om soos ‘n buffel met ‘n kopseer op te tree.

         Die hospitaal wat my mediese fonds onderskryf, word deur die slim spesialis bestempel as ‘n gemors. “Vandat die laaste Afrikaner dokter daar weg is, is dit nag daar”, sê hy. My moed sak in my skoene.

         ‘n Afspraak word vir my gereël by ‘n spesialis in die hospitaal waar dit nag is. Hy is ‘n Shangaan. Hy het ‘n vriendelike volmaan gesig en hy gee my ‘n warm handdruk voor hy my na sy spreekkamer begelei. Ons gesels eers lekker oor ons kinders en vertel mekaar ons geskiedenis. Dan ondersoek hy my deeglik. Daarna maak hy my skoon soos ek my kinders skoongemaak het toe hulle klein was.

         ‘n Uur later groet ons mekaar soos broers wat mekaar uiteindelik na baie jare weer gevind het. Die Tshwana sekretaresse beduie my mooi waar om te gaan vir die reël van die gespesialiseerde ondersoek.

         By die administratiewe afdeling verduidelik ‘n vriendelike Indiërmeisie my hoe om die vorms in te vul. Sy vat my na ‘n telefoon toe waar ek my mediese fonds kan bel vir ‘n magtigingsnommer. ‘n Kleurling dame loer in om te hoor of ek regkom en of daar iets is waarmee sy kan help. Ek voel ek is besig om baie broos te word; my wêreld van ou, vaste vooroordele is besig om rondom my te kantel.

         Met my opname vir die gespesialiseerde ondersoek, word ek na ‘n saal geneem waar daar nie ‘n enkele wit suster in sig is nie. Die swart susters behandel my met soveer deernis. Terwyl ek lê en wag vir my beurt in die teater, dink ek terug aan Sanna. Sy was my tweede ma. Sy het my gevoed en gewas en pak gegee. Ek het toe nie geweet dat ek haar liefhet nie, want volgens ons kultuur was sy net ‘n meid.

         Toe ek in die teater kom, wag die narkotiseur vir my. Hy lyk of hy ‘n sokkerspeler vir Chiefs kan wees. Vol energie en lewenslus. Met sy sprankelende wit glimlag berei hy my voor vir die prosedure. Terwyl hy my uitvra oor moontlike allergië, vryf hy my arm gerusstellend.

         Na alles dink ek koud terug aan my Afrikaner broer-spesialis in sy paleis van ‘n hospitaal. En aan my dag in die hospitaal waar dit nag is. ‘n Nag met baie helder sterre en ‘n blink maan. ‘n Nag met ‘n môrester wat hoop vir baie mense soos ek bring.

         En ek vra met opregtheid en dankbaarheid: “Vergewe my tog asseblief vir so baie dinge. En hernu asseblief my denke sodat ek in hierdie nag die sterretjies en die maan en die Môrester duideliker sal sien.”

-- Johan Blignaut
 

 

 

Finspire
Capital Loans and Finance - Money within 24 hours!

Flight Bookings
Compare, Buy, Fly. Compare airfare prices on local, low cost and international airlines, then book online.

Flowers.co.za
South Africa's Premier flower and gifting company. Fresh flowers gourmet baskets, dried fruit & nut hampers and gifts delivered throughout SA as well as internationally. Same day delivery of flowers if order is placed before 12H30.

Forex Trading
Ava FX is dedicated to providing the FX trader with an online FX platform with no compromise on integrity and fairness.
 

 You are visitor No:   Web Stats - Free Realtime Web Statistics Tracker & Counter