1. As jy vanoggend
opgestaan het met meer gesondheid as
siekte, sal jy meer geseënd wees as
die een miljoen wat nie die week sal
oorleef nie.
2. As jy nog nooit
die gevaar van oorlog, die
eensaamheid van opsluiting, die pyn
van marteling of hongerpyne
ondervind het nie sal jy beter af
wees as 500 miljoen ander mense.
3. As jy
godsdiensvryheid geniet, is jy
gelukkiger as 3 miljard mense.
4. As daar kos in jou
yskas, klere aan jou lyf en 'n dak
oor jou kop is, is jy ryker as 75%
van die wêreld se bevolking.
5. As jy geld in die
bank, in jou beursie of iewers in 'n
houer het, tel jy onder die 8%
rykste mense in die wêreld.
6. As jy hierdie
boodskap lees, is jy meer bevoorreg
as twee miljard ander mense in die
wêreld wat glad nie kan lees nie.